VBoekbestellingen gratis thuis bezorgd vanaf 15,- 

VBinnen 14 dagen gratis retour bij ruim 180 Libris- en Blz.- boekhandels

Perspektief en profiel 2 Deel 3
ISBN
9780627031090
Uitgever
Van Schaik Publishers
Druk vanaf
2e
Verschenen
01-01-2016
Taal
afr
Bindwijze
ebook EPUB
Genre
Mediadragers
  • Share
  • Share
  • Share
  • Share

Perspektief en profiel 2 Deel 3

n Afrikaanse literatuurgeskiedenis deel 3

Die Afrikaanse literatuur het 'n aangrypende lewe in Afrika oopgeskryf. Hierdie lewe kry sy beslag in 'n boeiende takelwerk verse, in 'n kennis van die aand en deur die oë van 'n siener in die suburbs. Kannas kom huis toe en Poppies loop die lange swerfjare deur. Nie slegs die belletrie (die arbeid van skeppende skrywers) is indrukwekkend nie, maar ook die getuienis van kundige lesers – die leesaktiwiteite van akademici wat sin moet maak van skeppende arbeid, wat die patrone moet oplê en die teoretiese lense instel op die gedig, die toneelstuk, die essay, die drama of roman.Akademies gesproke is Perspektief en profiel 'n onontbeerlike handleiding. Dit is tans die belangrikste beskouing van ons skryfwerk in Afrikaans en die begeleidende literêre gesprek. Dit bied insig in die oeuvres van die belangrikste skrywers (die "profi el" in die boektitel), maar is ook 'n bestekopname van verskuiwende teoretiese gesigspunte en aksente en 'n kartering van die gebied, vandaar die "perspektief ". Dit toon by implikasie oortuigend aan hoedat die Afrikaanse letterkunde aansluit in suid-suidverband met ander literature van die halfrond, en ondersoek die historiese en tydgenootlike noordsuid-bande en -spanninge. Ook verken dit die skryftegnieke en die produksie en resepsie van die Afrikaanse teks in Afrika. Dis 'n boek wat sensitief is vir die polities-kulturele omgewing wat steeds omvorm word deur die momentum geskep deur die koms van demokrasie in 1994. Eerder as om 'n literatuurgeskiedenis te probeer wees wat die fi nale woord wil spreek en ondubbelsinnig kanoniseer, word die literatuur hier as strydperk aangebied. Hierdie veelstemmige gesprek matig sigself as literatuurgeskiedenis nie objektiwiteit aan nie, maar huldig verskeidenheid en teenspraak.Perspektief en profiel toon aan dat die Afrikaanse letterkunde diep geënt is in die kontinent Afrika. Dit boekstaaf die geestesprestasie van mense aan die suidpunt van 'n uitdagende kontinent. Dit is mense wat rekenskap gee van hul ontheemding en twyfel, maar ook van inburgering en liefde vir die land, van verwantskap met landgenote wat ander geskiedenisse en huistale het. Dis 'n literatuur van hierwees en aanhanklikheid aan plant en dier, landskap en leemte.Perspektief en profiel verskyn tydens die groot wending. Dis 'n tyd waarin die Boek soos geslagte dit sedert Gutenberg geken het weens die oorgang na digitaliteit onder beleg kom. Die tydsbesteding aan ernstig lees as aktiwiteit verskraal en hierdie boek is 'n tydige herinnering aan die tydsaamheid en denke wat in 'n literatuur opgesluit is.Die boek verdien 'n staanplek in elke Afrikaanssprekende gesin se boekrak of lêplek in hul e-boek-biblioteek. Dit is onontbeerlik vir die student en die akademikus. As jy wil weet hoe jou voorgeslagte hul hierwees verwoord het en hoe jou tydgenote jou eie situasie stem gee, is hierdie boek jou toevlug.Etienne van HeerdenHofmeyr ProfessorSkool vir Tale en LetterkundeUniversiteit van KaapstadPerspektief en profiel Deel 3 bevat drie perspektiewe, asook outeursprofiele alfabeties gerangskik van S tot Z.

Niet leverbaar

Dit artikel wordt niet, of niet meer, door onze leveranciers aangeboden. Je kunt het dan ook niet via de webshop bestellen.

Wel kun je, via de link "Vraag de boekhandel", de boekhandel vragen of zij dit artikel nog op voorraad hebben, er aan kunnen komen, of een alternatief beschikbaar hebben.

Loading...

.
Waarom Libris.nl
Boekbestellingen vanaf € 15,- GRATIS thuisbezorgd.
Kies uit meer dan een miljoen artikelen, waaronder ruim 25.000 Nederlandse ebooks.
Thuis bestellen en bezorgen of afhalen en betalen in de boekhandel.
Ruim 85.000 boeken op werkdagen voor 23.00 besteld, de volgende dag bezorgd
Volg uw bestelling via Track & Trace van PostNL
Ruim 180 aangesloten Libris- en Blz.-boekhandels.
pro-mbookslibr2 : libris